Leopold Marthinus......
Jy het altyd geglo dat as ek jou so noem dan moet jy in jou spoor trap want dan is ek kwaad oor iets (seker maar weer iets wat jy gedoen het of nie gedoen het nie!!!!! ) (:
Maar nee, ek is nie nou kwaai met jou nie, net veral dankbaar dat ons so gelukkig was om twee pragtige kinders en vyf kleinkinders te kry. Jou nalatenskap leef voort in hulle almal.
Hulle was, en bly, die gom wat verseker het dat ons nie vreemdelinge vir mekaar geword het nie.
Dankie vir die goeie jare, en die goeie herinneringe.
Jou laaste paar dae by ons was emosiebelaai, maar hierdie woorde het jy gereeld kwytgeraak "niemand het gese dit sal maklik wees nie!"
Rus sag, Leopold Marthinus